Ekonoom sê oor Nambiese handel en tariewe

Loading player...
Die omstrede handelstariewe van Amerika se president Donald Trump geld nie vir skootrekenaars, slimfone en ander elektroniese toestelle nie. Namibië se handelsminister Selma Ashipala-Musavyi en haar span is besig met onderhandelinge met die Amerikaanse ambassade in die land oor die ander tariewe tydens die grasietydperk van 90 dae. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom Theo Klein in Suid-Afrika gepraat oor wat Namibië te doen staan:
14 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hele land 'sal inligting kry oor MPV-inentingsveldtog by skole'

Die gesondheidministerie het aangekondig dat hy op 2 Junie 'n inentingsveldtog teen menslike papilloomvirus, of MPV, by skole sal begin vir meisies tussen 9 en 14 jaar oud. Die LPM-parlementslid Eneas Emvula het in die Nasionale Vergadering gevra of daar 'n sensitiseringsveldtog deur die onderwysministerie was oor die inentings. Gesondheidminister…
15 Apr 11AM 1 min

AfriForum Jeug ontstoke oor sangoma-seremonie in Potch koshuis

AfriForum Jeug eis 'n ondersoek nadat 'n tradisionele geneser-seremonie in 'n vrouekoshuis by die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-Universiteit uitgevoer is. Die groep sê die voorval, wat bestaan het uit harde gille en voorvaderlike gebede, het Saterdagaand gebeur en die ander studente ontstel. Yvonne Gerber van AfriForum Jeug wil hê…
15 Apr 11AM 1 min

Eerste minister klap sweep oor dienslewering, noodreaksie

Eerste minister Elijah Ngurare het 'n beroep gedoen op 'n volledige hersiening van openbare dienslewering. Ngurare het die belangrikheid van aanspreeklikheid, prestasiebestuur en noodgereedheid beklemtoon en sê dat die regering se reaksie vinnig en doeltreffend moet wees. Hy sê gemeenskappe moet voordeel trek uit regeringsbronne.
15 Apr 10AM 1 min

Wat's so spesiaal aan Mushokabanji as Meatco HUB: Venaani in NV

Die herrie oor die heraanstelling van Mwilima Mushokabanji as Meatco se uitvoerende hoof het in die parlement gaan draai. Die opdrag van die kabinet na die raad nie sy termyn hernu het nie, is wyd veroordeel. Voormalige landbouminister Calle Schlettwein het ook gewaarsku oor die heraanstelling, want gedurende sy termyn…
15 Apr 10AM 1 min

B2Gold besing Antelope-myn se potensiaal

Die hoofbestuurder van B2Gold, Eric Barnard, sê die maatskappy het verlede jaar 8,89 miljard Namibiese dollar verdien van 198 000 onse goud. Tot op hede is 138 mense afgedank en teen die einde van die jaar sal slegs 400 uit 700 personeel op die Otjikoto-myn in diens wees. Ten spyte…
15 Apr 10AM 1 min