
Ngurare lê klem op geen korrupsie, nepotisme in ministeries
Loading player...
Eerste minister Elijah Ngurare het uitvoerende direkteure aangespoor om onnodige burokrasie uit te skakel en praktiese, proaktiewe bestuur te prioritiseer. Tydens sy eerste vergadering met direkteure het hy beklemtoon dat Namibiërs billike en gehaltediens eis, nie gunste nie. Hy het nepotisme, korrupsie en begunstiging in werwings- en verkrygingsprosesse veroordeel en 'n beroep gedoen op inklusiwiteit en integriteit in alle ministeries. Ngurare sê hy gaan elke ministerie besoek, met die onderwysministerie eerste op die lys. Ngurare is aan die woord.