Nee, geen verdagtes gearresteer vir Okahandja-moorde

Loading player...
Verslae word aanlyn versprei dat drie verdagtes gearresteer is in verband met die Okahandja-moorde van twee 6-jarige dogtertjies en 'n 15-jarige meisie. Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die inligting verkeerd is, en dat mense net ingeroep is vir ondervraging. Die NamPol streeksbevelvoerder vir Otjozondjupa, kommissaris Phillip Hiidengwa, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en vra die publiek om kalm en geduldig te bly.
28 Apr 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sloerende kopieregwetsontwerp benadeel musikante

Die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam, het onlangs deelgeneem aan 'n bespreking tydens Wêreld Intellektuele Eiendomsdag. Tydens die bespreking het die uitvoerende hoof van Nascam, Albert Nicanor, uitgelig dat hulle steeds worstel met digitale roof. Kosmos 94.1 Nuus het met Nicanor gepraat wat sê dat die…
28 Apr 12PM 1 min

ANC het SA se vryheid vernietig, sê DA

Die DA sê die ANC het Suid-Afrika se vryheid vernietig en gesteel en is uit voeling met Suid-Afrikaners. Die party sê Suid-Afrikaners het hard geveg vir die vryheid wat hulle in 1994 verower het, en het werklik vooruitgang gebring. Ivan Meyer van die DA sê die vreedsame oorgang van apartheid…
28 Apr 12PM 1 min

Namibiese Skolesportunie se hervorming tel spoed op

Die sportministerie is tans besig met 'n opname oor die hervorming van die Namibiese Skolesportunie. Die opname word aan verskeie skole gestuur om hul menings rakende die NSSU te deel. Benewens die opname het konsultasiewerkswinkels ook plaasgevind om die navrae persoonlik te beantwoord. Kosmos 94.1 Nuus het met Aina Shikesho,…
28 Apr 11AM 1 min

Wat's vryheid sonder werk, veiligheid, huise?

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde sê vryheid sonder ordentlike werk, ekonomiese geregtigheid, waardigheid, veiligheid, behuising, en toegang tot gehalte openbare dienste is nie werklike vryheid nie. SAFTU se woordvoerder, Newton Masuku, sê Suid-Afrika staan op die rand van 'n mislukking. Hy sê die werklike omstandighede van die werkersklas het tot…
28 Apr 11AM 1 min

Landbouwerkgewersvereniging se jaarkongres op pad!

Die Landbouwerkgewersvereniging sal sy jaarlikse kongres op 10 Junie hou. Boereverenigings word uitgenooi om hulle verteenwoordigers te stuur. Onderwerpe wat onder loep gaan kom is onder andere die geestelike gesondheid van plaaswerkers. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van die vereniging, Danie van Vuuren gesels.
28 Apr 10AM 1 min