
Landbouwerkgewersvereniging se jaarkongres op pad!
Loading player...
Die Landbouwerkgewersvereniging sal sy jaarlikse kongres op 10 Junie hou. Boereverenigings word uitgenooi om hulle verteenwoordigers te stuur. Onderwerpe wat onder loep gaan kom is onder andere die geestelike gesondheid van plaaswerkers. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van die vereniging, Danie van Vuuren gesels.