
Sloerende kopieregwetsontwerp benadeel musikante
Loading player...
Die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam, het onlangs deelgeneem aan 'n bespreking tydens Wêreld Intellektuele Eiendomsdag. Tydens die bespreking het die uitvoerende hoof van Nascam, Albert Nicanor, uitgelig dat hulle steeds worstel met digitale roof. Kosmos 94.1 Nuus het met Nicanor gepraat wat sê dat die kopieregwetsontwerp van 2021 steeds by die verantwoordelike ministeries is, en hulle wag vir twee verdrae wat Namibië moet bekragtig.