
Trump-tariewe stop nuwe lokomotiewe – vir eers
Loading player...
TransNamib het nie openbare tenders uitgereik om 23 nuwe lokomotiewe te bekom nie, na dit 'n lening van 2,6 miljard Namibiese dollar daarvoor gekry het. Die entiteit het gesê dat dit reeds 'n betroubare lokomotief-verskaffer het, naamlik General Electric Wabtec. Die AR-leier Job Amupanda het in die parlement gevra of die ooreenkoms heroorweeg sal word weens die Trump-tariewe, aangesien die maatskappy Amerikaans is. Vervoerminister Veikko Nekundi het geantwoord dat General Electric Wabtec nie meer gebruik kan word nie. Hy verduidelik.