Daar bestaan 'n groot kwelling oor vragmotors wat paaie in klein dorpies verwoes, veral die wat op pad is na Lebombo-grens toe en so ry om voor in die ry te probeer indruk. Linda Grimbeek, die operasionele beampte van die KLCBT, sê hulle veroorsaak nie net 'n opeenhoping nie, maar…
Die DA in Govan Mbeki-munisipaliteit gaan die Menseregtekommissie vra om in te gryp by die voortslepende waterkrisis in die area. Rand Water beweer dat dié munisipaliteit saam met Victor Khanye hom sowat een-miljard-Rand skuld. Volgens die DA-raadslid, Desire Krantz, betaal die plaaslike owerheid nie hul skuld aan die waterverskaffer nie…
Die verhoor van die voormalige Krugerwildtuin-veldwagter, Rodney Landela, en voormalige staatsveearts, Kenneth Motshotso, op stropingverwante klagte begin vandag in die Skukuza-landdroshof. Hulle is in 2016 naby die vars karkas van ‘n renoster aangekeer. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, het ook SANParke se vreugde gedeel met ‘n vonnis van…
Die VF Plus het verskeie voorstelle aan die Mpumalanga-wetgewer voorgelê om die kommerwekkende toename in ontvoerings hok te probeer slaan. Die provinsiale partyleier, Werner Weber, sê dit is onbestrede aanvaar. Die voorstelle sluit in intelligensie en doelgerigte optrede om sindikate aan bande te lê.
Die DA is bekommerd dat die Agentskap vir Ekonomiese Groei in Mpumalanga beplan om die Varsproduktemark oor te dra aan ‘n private konsortium wat teen betaling die mark sal bestuur. Bosman Grobler van die DA sê MEGA se derde kwartaallikse verslag laat dit so voorkom en hulle het gister in…
Die ANC-regering in Mpumalanga het weereens ‘n versoek van die VF Plus om leefstyloudits op provinsiale en munisipale staatsamptenare uit te voer in die plaaslike wetgewer geweier. Volgens die provinsiale partyleier, Werner Weber, het die mosie gevolg na die burgemeester van Nkomazi-munisipaliteit, Phindile Magagula, daarvan beskuldig is dat sy na…
Daar is baie onsekerheid in die wêreld tans, en Henri Pieters van Stabilis verwag nie dat die Suid-Afrikaanse ekonomie voor die einde van die jaar 'n oplewing sal sien nie. Tog is daar saam met die risiko baie geleenthede. Hy raai sake-eienaars aan om seker te maak hul diens en…
# SANParke en die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap beplan om die heining tussen Matsulu en die Krugerwildtuin te herstel, in 'n poging om konflik tussen mense en wilde diere te bekamp. Dit volg na verskeie berigte van olifante vanuit die wildtuin wat in dié gemeenskappe amok saai. ‘n Olifant moes…
Die polisie het hul versekering gegee dat die ondersoek na die dood van ‘n huiswerker in Secunda die hoogste aandag geniet. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is die 65-jarige Tryphinah Elizabeth Mngomezulu na vermoede verskeur deur ses honde terwyl haar werkgewers uitstedig was. Sy is Saterdag dood…
Die DA het vandag in Ermelo ‘n vreedsame optog gehou teen swak dienslewering deur Msukaligwa-munisipaliteit. Die party se provinsiale leier, Jane Sithole, sê die besoedeling van water wat aan inwoners voorsien word, was bo-aan die agenda. ‘n Memorandum met hul griewe is aan die Speaker oorhandig. Hulle het die ANC-administrasie…
'n Petroljoggie wat eersgister aangekeer is vir oortreding van die Wet op Kubermisdaad verskyn Vrydag weer in die hof. Sfiso Masuku is by die Ultra City N4 Middelburg deur die Valke gearresteer na ‘n interne ondersoek deur Absa en FNB op ‘n kaartlees-toestel tussen die joggies gedui het. Masuku is…
19 mense verskyn Vrydag weer in die Middelburg-streekshof vir beweerde mensehandel en oortreding van die Wet op Immigrasie. Volgens die Valke is 17 jong Ethiopiese mans en twee Suid-Afrikaanse burgers verlede Woensdag op die N11 tussen Groblersdal en Middelburg gearresteer. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi,…
Die DA in Thaba Chweu moedig die burgemeester, Friddah Nkadimeng, aan om gehoor te gee aan die griewe van inwoners wat vandag met protestoptrede alle dienslewering in Sabie lamgelê het. Raadslid Marvn Pillay sê die munisipale kantore is deur protesteerders van Nkamini and Simile gesluit na hulle ‘n memorandum van…
Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid moedig taverne-eienaars aan om hul sekuriteit op te skerp. Dít na verskeie noodlottige skietvoorvalle by tavernes in die provinsie die afgelope ruk plaasgevind het. In die jongste voorval is drie mense Sondag by ‘n taverne in Tweefontein doodgeskiet. Die LUR, Vusi Shongwe, sê eienaars moet…
'n Gedenkdiens vir drie onderwysers wat Woensdag in 'n botsing op die N4 dood is, word môre in Matsulu gehou. Thembinkosi Nkosi, Kholwani Sibisi en Nickson Toga het Wiskunde en Wetenskap by Tikhontele en Masitakhe Sekondêre Skole in Matsulu aangebied en was op pad terug van 'n opleidingsessie in Emalahleni…
Die polisie in Mpumalanga waarsku teen sogenaamde blouligbendes wat hulself as wetstoepassers voordoen om motoriste of vragmotorbestuurders te beroof en selfs te ontvoer. Hulle sê dat werklike wetstoepassers jou sal toelaat om tot by ‘n veilige plek te ry om af te trek, as hulle jou stop. Hulle vra ook…
Die polisie in Mpumalanga waarsku teen sogenaamde blouligbendes wat hulself as wetstoepassers voordoen om motoriste of vragmotorbestuurders te beroof en selfs te ontvoer.
‘n Vermeende verkragter is aangekeer na hy Sondagaand ‘n 27-jarige vrou in Machadodorp aangeval het. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kaptein Magonseni Nkosi, is sy ten aanskoue van drie mans deur ‘n ander oorval en by bosse ingesleep. Hulle het versuim om in te tree. Die 26-jarige verdagte is Dinsdag…
Twee onderwysers is gistermiddag dood on ‘n trompop-botsing op die N4 buite Mbombela. Volgens Emer-G-Med het 'n ligte afleweringsvoertuig en sedan omstreeks 20-oor-3 tussen Eric's Stalls en Rivulets teen mekaar vasgery. Vyf mense is beseer. ‘n Woordvoerder van die Mpumalanga Onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die onderwysers was op pad terug…
Die DA in Mpumalanga sê misdaad raak buite beheer in die middedorp van Middelburg weens Steve Tshwete-munisipaliteit se versuim om hul eie ordonanse te polisieër. Raadslid, Damien Klopper, sê die toename in misdadige aktiwiteite sluit in openlike dwelmgebruik en prostitusie. Hy sê skoolkinders in Rietkuil word in gevaar gestel deur…
27 Feb 2024 3AM
1 min
300 – 320
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.