
Gedenkdiens vir oorlede onderwysers Dinsdag gehou
Loading player...
'n Gedenkdiens vir drie onderwysers wat Woensdag in 'n botsing op die N4 dood is, word môre in Matsulu gehou. Thembinkosi Nkosi, Kholwani Sibisi en Nickson Toga het Wiskunde en Wetenskap by Tikhontele en Masitakhe Sekondêre Skole in Matsulu aangebied en was op pad terug van 'n opleidingsessie in Emalahleni ten tyde van die ongeluk. Volgens ‘n woordvoerder van die Mpumalanga Onderwysdepartement, Gerald Sambo, sal die LUR, die burgemeesters van Mbombela en Ehlanzeni, sowel as die provinsiale voorsitter van Sadtu die diens bywoon.