
Vredesbeamptes dalk oplossing vir vragmotor-probleem
Loading player...
Daar bestaan 'n groot kwelling oor vragmotors wat paaie in klein dorpies verwoes, veral die wat op pad is na Lebombo-grens toe en so ry om voor in die ry te probeer indruk. Linda Grimbeek, die operasionele beampte van die KLCBT, sê hulle veroorsaak nie net 'n opeenhoping nie, maar is ook 'n gevaar vir inwoners. Verder is daar nie genoeg verkeersbeamptes om elke voertuig wat nie nommerplate het nie, om spoedkameras te ontduik, af te trek en te beboet nie. Daarvoor het die sakekamer private befondsing bekom om vredesbeamptes aan te stel.