VF Plus sê ANC keur elektrisiteitsdiefstal deur Nkomazi-burgemeester goed

Loading player...
Die ANC-regering in Mpumalanga het weereens ‘n versoek van die VF Plus om leefstyloudits op provinsiale en munisipale staatsamptenare uit te voer in die plaaslike wetgewer geweier. Volgens die provinsiale partyleier, Werner Weber, het die mosie gevolg na die burgemeester van Nkomazi-munisipaliteit, Phindile Magagula, daarvan beskuldig is dat sy na bewering ‘n begunstigde is van onwettig gekoppelde elektrisiteit by een van haar huise in die Aniva-woonbuurt. Hy sê ‘n ander opposisieparty het na bewering reeds twee strafregtelike klagte teen haar ingedien.
12 Mar 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

NHS- se landlopers presteer

Hoërskool Nelspruit se atlete het vroeër die week deelgeneem aan die NWU Puk-reeks vir landloop. Spankapteine, Inge Marie Odendaal en Henroux Herbst, kuier saam met die afrigters, Charl en Martie Naudé, by die Middag Game Drive.
18 Apr 6AM 15 min

Robs wen eerste Track & Field

Rob Ferreira se seunspan was die wenners van die nuwe Track & Field SA-kampioenskap. Die atletiekorganiseerder, Stefan van der Merwe, vertel die Middag Game Drive alles.
17 Apr 5AM 13 min

'Drag races' bekommer inwoners toenemend

Versnelrenne of sleeprenne of onwettige wedrenne in Nelspruit het die afgelope weke toegeneem. Dit kom baie meer georganiseerd voor as voorheen, en daar is nie te veel wat die owerhede daaromtrent kan doen nie. John Meintjies verduidelik.
14 Apr 10AM 9 min

Dis hoe ons rol in die Laeveld

Cobus en Doret van der Merwe trou eersdaags weer na 10 jaar - hierdie keer met 'n behoorlike partytjie vir 120 gaste. Hulle deel hul storie met Charles tydens Saterdag Ontbyt.
14 Apr 6AM 10 min

AHEI: Wat is dit

Harvard dink nou dat 30 jaar se navorsing aandui dat die Alternative Healthy Eating Index die beste is om te verseker jy word gesond oud. Voedingkundige Anntonette Roux verduidelik.
11 Apr 8AM 9 min