
Voormalige veldwagter wat glo stroop vanaf vandag verhoor
Loading player...
Die verhoor van die voormalige Krugerwildtuin-veldwagter, Rodney Landela, en voormalige staatsveearts, Kenneth Motshotso, op stropingverwante klagte begin vandag in die Skukuza-landdroshof. Hulle is in 2016 naby die vars karkas van ‘n renoster aangekeer. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, het ook SANParke se vreugde gedeel met ‘n vonnis van 17 jaar wat aan Mbongeni Ngobeni vir renosterstropery opgelê is.