
Petroljoggie wat glo kaarte kloon bly in aanhouding
Loading player...
'n Petroljoggie wat eersgister aangekeer is vir oortreding van die Wet op Kubermisdaad verskyn Vrydag weer in die hof. Sfiso Masuku is by die Ultra City N4 Middelburg deur die Valke gearresteer na ‘n interne ondersoek deur Absa en FNB op ‘n kaartlees-toestel tussen die joggies gedui het. Masuku is na bewering in besit daarvan gevind. Hy het vandag in die Middelburg-streekshof verskyn. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê die potensiële verlies wat gely is, word op sowat 400-duisend-Rand bereken.