Woord vir Vandag - 27 April 2025

Loading player...
“…Sy ma het hom Jabes genoem omdat sy geboorte so pynlik was.” 1 Kronieke 4:9 NLV
Weier om die etiket te dra
Die naam Jabes beteken ‘ongemak of pyn.’ Miskien is dit hoekom geen ander ouer in die Skrif hul kind so genoem het nie. Dis egter ‘n etiket wat Jabes geweier het om te dra en ‘n naam wat hy geweier het om hom te definieer. ‘n Etiket vertel jou gewoonlik wat in ‘n bottel is; die inhoud en selfs die waarde daarvan. Wanneer jy die etikette wat mense op jou probeer plaas aanvaar, begin jy glo dat dit is wie jy is en dat jy nooit meer as dit sal word nie. Die Bybel sê: ‘Want soos hy in sy siel bereken, so is hy…’ (Spreuke 23:7 AFR53). Mense sal ervarings uit die verlede gebruik om jou te etiketteer en jou te beperk. Hulle sal ook jou fisiese, geestelike en emosionele karaktereienskappe gebruik om jou te etiketteer en jou te beperk. Wat staan jou dus te doen? Doen wat Jabes gedoen het – gaan na God toe! Op die ou einde is dit God se opinie oor jou verlede, hede en toekoms wat die meeste saak maak. Hy is lief vir jou en het ‘n plan vir jou lewe. Jabes het ‘n gebed gebid wat sy lewe verander het en dit sal ook jou lewe verander. ‘…’Laat u seën op my rus en vergroot my grond! Wees asseblief met my in alles wat ek doen, en bewaar my van moeilikheid en pyn!’ En God het sy versoek gehoor en dit gedoen’ (1 Kronieke 4:10 NLV). Jabes het God vir vier dinge gevra: seën, invloed, krag en beskerming. God het dit vir hom gegee. Vandag het jy dus ‘n keuse: glo wat ander mense oor jou sê, of glo wat God oor jou sê. As jy so daarna kyk, is die keuse duidelik.
24 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 April 2025

“People who aren’t spiritual can’t receive these truths from God’s Spirit. It all sounds foolish to them.” 1 Corinthians 2:14 NLT When others “don’t get it” When you share your faith with someone and they don’t seem to “get it,” don’t be disappointed, don’t be upset, and don’t be impatient…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 30 April 2025

“Mense wat nog in materiële terme dink, kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig…” 1 Korintiërs 2:14 NLV Wanneer ander dit nie verstaan nie Wanneer jy jou geloof met iemand deel en dit lyk nie of hulle dit verstaan…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 29 April 2025

“...skud sy stof van julle voete af…” Markus 6:11 NLV Skud dit af en beweeg vorentoe Kom ons wees eerlik, almal van ons wil hê dat ander mense vir ons lief moet wees, ons moet respekteer en ons moet aanvaar. Wanneer mense egter nie gereed is nie of onwillig is…
24 Apr 2 min

Word for Today - 29 April 2025

“Shake off the dust under your feet.” Mark 6:11 NKJV Shake it off, and move forward Let’s be honest, each of us wants others to love, respect, and accept us. But when people are unready or unwilling to change or haven’t experienced the joy and fulfillment in Christ that you…
24 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 28 April 2025

“…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.” Romeine 10:20 NLV Jesus is die antwoord Die Bybel sê: ‘…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself…
24 Apr 3 min