Woord vir Vandag - 28 April 2025

Loading player...
“…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.” Romeine 10:20 NLV
Jesus is die antwoord
Die Bybel sê: ‘…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.’ Jy vra: ‘Wat beteken hierdie Skrifgedeelte?’ Dit beteken dat selfs al soek jy antwoorde op die verkeerde plekke, al vra jy die verkeerde vrae en al beweeg jy in die verkeerde rigting, sal Jesus jou onderskep, jou herlei en in jou diepste behoeftes voorsien. Toe die vrou by die put vir Jesus ontmoet het, het sy na die antwoord in verhoudings gesoek. Sy is deur vyf huwelike wat misluk het en het saam met man nommer ses gewoon (sien Johannes 4:18). Toe Saggeus vir Jesus ontmoet het, het hy die antwoord in materiële dinge gesoek. Toe Paulus vir Jesus ontmoet het, het hy die antwoord in godsdiens gesoek. Hier is sy résumé: ‘Ek is op die agtste dag besny. Ek is ‘n gebore Israeliet, uit die stam van Benjamin. ‘n Egte Hebreër! As lid van die Fariseërs het ek streng volgens Joodse wette gelewe. Ek was fanaties en het die kerk vervolg! Wat die gehoorsaamheid aan wette betref om my saak met God reg te maak, kon niemand ‘n vinger op my lê nie!’ (Filippense 3:5-6 NLV). Veelvoudige verhoudings het nie die vrou by die put bevredig nie, rykdom het Saggeus nie bevredig nie en godsdiens het Paulus nie bevredig nie. Hierdie dinge sal jou ook nie bevredig nie. Wat sal? ‘n Verhouding met Jesus! Vandag sê Hy vir jou: ‘Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, om dit oorvloedig te hê’ (Johannes 10:10 NLV). Vandag is Jesus die antwoord.
24 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 April 2025

“People who aren’t spiritual can’t receive these truths from God’s Spirit. It all sounds foolish to them.” 1 Corinthians 2:14 NLT When others “don’t get it” When you share your faith with someone and they don’t seem to “get it,” don’t be disappointed, don’t be upset, and don’t be impatient…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 30 April 2025

“Mense wat nog in materiële terme dink, kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig…” 1 Korintiërs 2:14 NLV Wanneer ander dit nie verstaan nie Wanneer jy jou geloof met iemand deel en dit lyk nie of hulle dit verstaan…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 29 April 2025

“...skud sy stof van julle voete af…” Markus 6:11 NLV Skud dit af en beweeg vorentoe Kom ons wees eerlik, almal van ons wil hê dat ander mense vir ons lief moet wees, ons moet respekteer en ons moet aanvaar. Wanneer mense egter nie gereed is nie of onwillig is…
24 Apr 2 min

Word for Today - 29 April 2025

“Shake off the dust under your feet.” Mark 6:11 NKJV Shake it off, and move forward Let’s be honest, each of us wants others to love, respect, and accept us. But when people are unready or unwilling to change or haven’t experienced the joy and fulfillment in Christ that you…
24 Apr 3 min

Word for Today - 28 April 2025

“I was found by people who were not looking for me. I showed myself to those who were not asking for me.” Romans 10:20 NLT Jesus is the answer The Bible says, “I was found by people who were not looking for me. I showed myself to those who were…
24 Apr 2 min