Woord vir Vandag - 30 April 2025

Loading player...
“Mense wat nog in materiële terme dink, kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig…” 1 Korintiërs 2:14 NLV
Wanneer ander dit nie verstaan nie
Wanneer jy jou geloof met iemand deel en dit lyk nie of hulle dit verstaan nie, moenie moedeloos wees nie, moenie ontsteld wees nie en moenie ongeduldig word nie. Daar word in die Skrif na God se Woord as sade verwys (sien Lukas 8:11), dus maak dit jou ‘n saaier. Om te saai en om te oes het egter elkeen sy eie seisoen. Toe die vinger van God begin het om koning Belsasar se lot op die mure van sy paleis te skryf en geen van sy wyse manne dit kon uitlê nie, het hulle Daniël die profeet geroep. Op daardie stadium was hy basies persona non grata. Daniël was egter gereed toe sy tyd aanbreek. Hier is twee Skrifgedeeltes wat jy in gedagte moet hou wanneer jy jou geloof met iemand deel: 1) ‘Mense wat nog in materiële terme dink, kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig. Hulle kan dit nie verstaan nie, want hierdie dinge moet vanuit ‘n geestelike perspektief verstaan word’ (1 Korintiërs 2:14 NLV). 2) ‘Inteendeel, eerbiedig net Christus as die heer van julle lewe. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer. Maar doen dit taktvol en eerbiedig…’ (1 Petrus 3:15-16 NLV). God het jou geroep om die waarheid van sy Woord met ander mense te deel, maar slegs die Gees van God kan hulle help om dit te verstaan. Jy is nie geroep om iemand te oortuig, te bekeer of te verander nie, maar om die saad van God se Woord te saai en om die res aan God se Gees oor te laat. Wanneer jy jou deel doen, kan jy God vertrou om sy deel te doen.
29 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 April 2025

“People who aren’t spiritual can’t receive these truths from God’s Spirit. It all sounds foolish to them.” 1 Corinthians 2:14 NLT When others “don’t get it” When you share your faith with someone and they don’t seem to “get it,” don’t be disappointed, don’t be upset, and don’t be impatient…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 29 April 2025

“...skud sy stof van julle voete af…” Markus 6:11 NLV Skud dit af en beweeg vorentoe Kom ons wees eerlik, almal van ons wil hê dat ander mense vir ons lief moet wees, ons moet respekteer en ons moet aanvaar. Wanneer mense egter nie gereed is nie of onwillig is…
24 Apr 2 min

Word for Today - 29 April 2025

“Shake off the dust under your feet.” Mark 6:11 NKJV Shake it off, and move forward Let’s be honest, each of us wants others to love, respect, and accept us. But when people are unready or unwilling to change or haven’t experienced the joy and fulfillment in Christ that you…
24 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 28 April 2025

“…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.” Romeine 10:20 NLV Jesus is die antwoord Die Bybel sê: ‘…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself…
24 Apr 3 min

Word for Today - 28 April 2025

“I was found by people who were not looking for me. I showed myself to those who were not asking for me.” Romans 10:20 NLT Jesus is the answer The Bible says, “I was found by people who were not looking for me. I showed myself to those who were…
24 Apr 2 min