Woord vir Vandag - 29 April 2025

Loading player...
“...skud sy stof van julle voete af…” Markus 6:11 NLV
Skud dit af en beweeg vorentoe
Kom ons wees eerlik, almal van ons wil hê dat ander mense vir ons lief moet wees, ons moet respekteer en ons moet aanvaar. Wanneer mense egter nie gereed is nie of onwillig is om te verander, of nog nie die vreugde en vervulling in Christus ervaar het wat jy ervaar het nie, sal jy dikwels verwerping ervaar. Wanneer jy Jesus volg, is verwerping inderwaarheid gewaarborg. Wat staan jou te doen? Hier is wat Jesus vir sy dissipels gesê het om te doen: ‘…’Wanneer julle in ‘n bepaalde dorp in ‘n huis ontvang word, bly in daardie huis totdat julle weer daarvandaan vertrek. Maar as ‘n plek julle nie wil ontvang of na julle wil luister nie, skud sy stof van julle voete af wanneer julle weggaan. Dit sal dien as teken dat julle daardie plek aan sy lot oorlaat.’ Hulle het gaan verkondig dat die mense tot inkeer moet kom. Hulle het ook baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak’ (verse 10-13 NLV). Wanneer jy dus mense raakloop wat jou nie wil ontvang of na jou luister nie, wees lief vir hulle, bid vir hulle, skud dit af en beweeg vorentoe. Moenie toelaat dat diegene wat nie gereed is om dit wat jy het om te deel te ontvang nie, jou daarvan weerhou om dit na diegene te neem wat wel gereed is nie. Een van Paulus se eerste bekeerlinge in Masedonië was Lidia. Let op wat die Bybel sê: ‘…Die Here het haar hart oopgemaak sodat sy ontvanklik was vir Paulus se boodskap. Sy en die ander lede van haar huishouding is toe gedoop…’ (Handelinge 16:14-15 NLV). Probeer om die volgende te onthou: Jy is die boodskapper en God is die een wat harte oopmaak. Doen jou deel en Hy sal syne doen.
24 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 April 2025

“People who aren’t spiritual can’t receive these truths from God’s Spirit. It all sounds foolish to them.” 1 Corinthians 2:14 NLT When others “don’t get it” When you share your faith with someone and they don’t seem to “get it,” don’t be disappointed, don’t be upset, and don’t be impatient…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 30 April 2025

“Mense wat nog in materiële terme dink, kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig…” 1 Korintiërs 2:14 NLV Wanneer ander dit nie verstaan nie Wanneer jy jou geloof met iemand deel en dit lyk nie of hulle dit verstaan…
29 Apr 3 min

Word for Today - 29 April 2025

“Shake off the dust under your feet.” Mark 6:11 NKJV Shake it off, and move forward Let’s be honest, each of us wants others to love, respect, and accept us. But when people are unready or unwilling to change or haven’t experienced the joy and fulfillment in Christ that you…
24 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 28 April 2025

“…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.” Romeine 10:20 NLV Jesus is die antwoord Die Bybel sê: ‘…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself…
24 Apr 3 min

Word for Today - 28 April 2025

“I was found by people who were not looking for me. I showed myself to those who were not asking for me.” Romans 10:20 NLT Jesus is the answer The Bible says, “I was found by people who were not looking for me. I showed myself to those who were…
24 Apr 2 min