Woord vir Vandag - 26 April 2025

Loading player...
“Wat julle nodig het, is om te volhard… Dan sal julle ontvang wat God beloof het.” Hebreërs 10:36 NLV
Hou aan bid en glo
Hoe lank moet jy aanhou bid en God vir die antwoord vertrou? Die volgende Skrifgedeelte spreek hierdie vraag aan: ‘Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ‘n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het’ (verse 35-36 NLV). Baie van God se beloftes het spesifieke tydslyne en jy het langtermyn geloof nodig om dit te ontvang. Sien jouself as iemand wat ‘n marathon hardloop en vasbeslote is om die wedloop te voltooi en die prys te ontvang. Jy sê: ‘Ek is nie seker wat God se wil in hierdie saak is nie.’ Wat sê God se Woord? Dis wat jy moet gehoorsaam, waarop jy moet staan en oor jou situasie moet spreek. Vir twintig jaar lank het Abraham na die naghemel gekyk en geglo: ‘Here, U het gesê dat my kinders so baie soos die sterre in die hemel sal wees. Ek weet nie hoe U dit gaan doen nie, want ek is ‘n honderd jaar oud en my vrou Sara is negentig jaar oud. Ek gaan U egter in elk geval glo’ (sien Genesis 15:5-6). Wanneer jy so bid, loop jy die risiko om dwaas in ander mense se oë te lyk. Die ontvangs van wonderdade kan behels dat jy dwaas mag lyk, soos Jesus wat vir diensknegte gesê het om potte met water te vul, terwyl hulle wyn nodig gehad het. Of om klei op ‘n blinde man se oë te vryf sodat hy kan sien. Die bruilofsgaste het egter die beste wyn gedrink, en die blinde het sy sig teruggekry. Hoekom? Omdat hulle op die woord wat Jesus vir hulle gegee het, gestaan het. Jy moet dieselfde doen.
24 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 April 2025

“People who aren’t spiritual can’t receive these truths from God’s Spirit. It all sounds foolish to them.” 1 Corinthians 2:14 NLT When others “don’t get it” When you share your faith with someone and they don’t seem to “get it,” don’t be disappointed, don’t be upset, and don’t be impatient…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 30 April 2025

“Mense wat nog in materiële terme dink, kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig…” 1 Korintiërs 2:14 NLV Wanneer ander dit nie verstaan nie Wanneer jy jou geloof met iemand deel en dit lyk nie of hulle dit verstaan…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 29 April 2025

“...skud sy stof van julle voete af…” Markus 6:11 NLV Skud dit af en beweeg vorentoe Kom ons wees eerlik, almal van ons wil hê dat ander mense vir ons lief moet wees, ons moet respekteer en ons moet aanvaar. Wanneer mense egter nie gereed is nie of onwillig is…
24 Apr 2 min

Word for Today - 29 April 2025

“Shake off the dust under your feet.” Mark 6:11 NKJV Shake it off, and move forward Let’s be honest, each of us wants others to love, respect, and accept us. But when people are unready or unwilling to change or haven’t experienced the joy and fulfillment in Christ that you…
24 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 28 April 2025

“…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.” Romeine 10:20 NLV Jesus is die antwoord Die Bybel sê: ‘…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself…
24 Apr 3 min