Woord vir Vandag - 25 April 2025
Loading player...
Vrydag 25 April
“Daar daag toe vier mans by Hom op wat ‘n verlamde persoon op ‘n mat dra.” Markus 2:3 NLV
Kry gebedsmaats
Jy sê: ‘Ek het nie die geloof om genees te word nie.’ Kry dan gebedsmaats met geloof. ‘Daar daag toe vier mans by Hom op wat ‘n verlamde persoon op ‘n mat dra. As gevolg van die baie mense kon hulle hom nie tot by Jesus bring nie. Daarom het hulle ‘n gat deur die dak bokant Jesus se kop gemaak. Toe laat hulle die mat waarop die sieke gelê het, deur die dak sak. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man… ‘Ek beveel jou, staan op, vat jou mat en gaan gesond na jou huis toe!’ Net daar het die man opgespring, sy mat geneem en voor almal se oë buitetoe gegaan. Hulle was almal verstom en het God geprys en uitgeroep: ‘So iets het ons nog nooit tevore gesien nie!’’ (verse 3-5, 10-12 NLV). As jy nie geloof het om genees te word nie, wees op die uitkyk vir diegene wat jou in gebed na Jesus se teenwoordigheid kan dra, wat namens jou in God kan glo en tot Hom kan bid totdat Hy antwoord. Hierdie verlamde man het vier vriende met geloof nodig gehad – jy het net twee nodig. Jesus het gesê: ‘Boonop verseker Ek julle: As twee van julle hier op aarde sou saamstem oor enigiets wat julle van God behoort te vra, sal my hemelse Vader dit vir julle doen’ (Matteus 18:19 NLV). Dit laat ‘n paar vrae ontstaan. Hoe gereeld bid jy? Daagliks? Weekliks? Maandeliks? Slegs wanneer jy ‘n probleem het wat jy nie kan oplos nie? Is al jou gebede op jouself gefokus, of bid jy vir ander? Om gebedsmaats te hê wanneer jy dit nodig het, moet jy self een wees.