Woord vir Vandag - 24 April 2025

Loading player...
“Die pad onder my maak U breed…” Psalm 18:37 NLV
Groei gaan oor vergroting
Lees die volgende Skrifgedeeltes wat oor vergroting handel: ‘Die pad onder my maak U breed…’ ‘[Jabes] was die een wat tot die God van Israel gebid en gesê het: ‘Laat u seën op my rus en vergroot my grond!..’’ (1 Kronieke 4:10 NLV). ‘Maak jou woning groter. Span jou tent wyer… Maak die tentlyne langer en slaan die penne dieper in’ (Jesaja 54:2 NLV). God wil jou geestelik, emosioneel en verhoudingsgewys in elke area van jou lewe vergroot. Om egter vergroting te ervaar, moet jy van mense groter as jy leer. Dr John Maxwell skryf: ‘Die eerste tien jaar wat ek doelbewus persoonlike groei nagejaag het, was ek altyd agter en het probeer om in te haal. Ek moes oor die vergelykingsgaping kom. Ek het besef ek moes aan groter en beter leiers buite my eie klein kring blootgestel word, maar toe ek uit my gemaksone stap, was ek geïntimideer. Dit was duidelik dat ek nie in hulle liga was nie. Hulle organisasies was ses keer groter as myne en hulle het baie meer en baie beter idees as ek gehad. Ek was oorweldig en het gevoel of ek verdrink. Ten spyte daarvan was ek bemoedig, omdat ek ontdek het dat groot manne bereid was om hul idees met my te deel. Ek het so baie geleer. Dit was ‘n moeilike oorgang, maar dit was die moeite werd. As jy dus bewus is dat ander beter as jy is, moenie moedeloos word nie. Wees bly ander is daar om jou die pad te help wys. Groei is nie ‘n wiegstoel waarin jy sit nie, dit is ‘n berg wat jy elke dag klim. Daar is egter goeie nuus. Soos Jim Rohn gesê het: ‘Jy kan nie jou bestemming oornag verander nie, maar jy kan jou rigting oornag verander.’’
23 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 April 2025

“People who aren’t spiritual can’t receive these truths from God’s Spirit. It all sounds foolish to them.” 1 Corinthians 2:14 NLT When others “don’t get it” When you share your faith with someone and they don’t seem to “get it,” don’t be disappointed, don’t be upset, and don’t be impatient…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 30 April 2025

“Mense wat nog in materiële terme dink, kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig…” 1 Korintiërs 2:14 NLV Wanneer ander dit nie verstaan nie Wanneer jy jou geloof met iemand deel en dit lyk nie of hulle dit verstaan…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 29 April 2025

“...skud sy stof van julle voete af…” Markus 6:11 NLV Skud dit af en beweeg vorentoe Kom ons wees eerlik, almal van ons wil hê dat ander mense vir ons lief moet wees, ons moet respekteer en ons moet aanvaar. Wanneer mense egter nie gereed is nie of onwillig is…
24 Apr 2 min

Word for Today - 29 April 2025

“Shake off the dust under your feet.” Mark 6:11 NKJV Shake it off, and move forward Let’s be honest, each of us wants others to love, respect, and accept us. But when people are unready or unwilling to change or haven’t experienced the joy and fulfillment in Christ that you…
24 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 28 April 2025

“…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.” Romeine 10:20 NLV Jesus is die antwoord Die Bybel sê: ‘…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself…
24 Apr 3 min