
Hof beslis bekentenisse in Joshlin Smith-verhoor is toelaatbaar
Loading player...
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat in Saldanhabaai sit, het beslis die bekentenisse van twee beskuldigdes in die Joshlin Smith-saak, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn, is toelaatbaar. Die twee beweer hulle is aangerand en gedwing om skuld te beken, maar Regter Nathan Erasmus het die bewerings van die hand gewys aangesien mediese bewyse die bewerings van mishandeling weerspreek het. Die regter het beslis die staat kan die bekentenisse in die verhoor gebruik: