
Duisende pelgrims ruk op na Moira
Loading player...
Die burgemeester van Polokwane, John Mpe, sê veiligheidsmaatreëls is verskerp om die skare by die pelgrimstog op Moria te verseker. Duisende lede van die Zion Christian Church het op Moria toegesak vir die eerste volledige pelgrimstog sedert die Covid-19-pandemie. Beperkings is weens die pandemie op massa-geleenthede geplaas en die jaarlikse pelgrimstog is gestaak. Meer as 500 Putco-busse het Vrydag die skare vervoer. Mpe sê die veiligheid van pelgrims en lede van die publiek rondom die gebied sal voorrang geniet: