
SA hof stop uitsettings van studente
Loading player...
Die Hooggeregshof in Mthatha het die uitsettings van studentekoshuise by die Walter Sisulu Universiteit gestaak. Dit volg nadat die kampusbestuur die studente opdrag gegee het om teen 16:00 Vrydagmiddag die perseel te ontruim. Die uitsettingsbevel volg in die nasleep van gewelddadige studentebetogings wat Dinsdagoggend uitgebreek het en tot die dood van 'n student gelei het. Studenteraad-president Balungile Madikizela sê die sluiting van koshuise kon die akademiese vordering van studente ernstig beïnvloed het: