Woord vir Vandag - 22 April 2025

Loading player...
“Die liefde van Christus hou ons vas…” 2 Korintiërs 5:14 NLV
Regeer deur God se liefde vir ons
Die kragtigste aansporing om sonde te oorkom is nie ons liefde vir Christus nie, maar sy liefde vir ons. Selfs met die beste bedoelings, is ons liefde vir Hom onderhewig aan skommelinge. Jesus het vir die kerk in Efese gesê: ‘Maar Ek het hierdie klagte teen jou: dat jy jou eerste liefde versaak het’ (Openbaring 2:4 NLV). Aan die gemeente van Laodisea het Hy gesê dat hulle liefde ‘louwarm’ geword het (sien Openbaring 3:16). Baie van ons het in ‘n kerk grootgeword waar ons vertel is dat die rede waarom ons aan sekere vleeslike begeertes toegee, is omdat ons die Here nie genoeg liefhet nie. Dus probeer ons harder, sonder sukses, en raak moedeloos. Dis soos om die kar voor die perd in te span. Dit moet egter andersom wees. Die geheim van ‘n oorwinnende Christelike lewe word nie in die poging om Jesus meer lief te hê nie, maar in ‘n openbaring van sy liefde vir jou, gevind. Dis hoekom Paulus geskryf het: ‘Die liefde van Christus hou ons vas…’ Paulus se aksies is deur die kennis van Christus se ongelooflike liefde vir hom, geregeer. As jy vandag met sondige gewoontes sukkel, bid vir ‘n openbaring van God se liefde vir jou. Dit sal die verskil maak! Paulus skryf: ‘Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon, en sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees. Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is. Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word’ (Efesiërs 3:17-19 NLV).
21 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 April 2025

“People who aren’t spiritual can’t receive these truths from God’s Spirit. It all sounds foolish to them.” 1 Corinthians 2:14 NLT When others “don’t get it” When you share your faith with someone and they don’t seem to “get it,” don’t be disappointed, don’t be upset, and don’t be impatient…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 30 April 2025

“Mense wat nog in materiële terme dink, kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig…” 1 Korintiërs 2:14 NLV Wanneer ander dit nie verstaan nie Wanneer jy jou geloof met iemand deel en dit lyk nie of hulle dit verstaan…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 29 April 2025

“...skud sy stof van julle voete af…” Markus 6:11 NLV Skud dit af en beweeg vorentoe Kom ons wees eerlik, almal van ons wil hê dat ander mense vir ons lief moet wees, ons moet respekteer en ons moet aanvaar. Wanneer mense egter nie gereed is nie of onwillig is…
24 Apr 2 min

Word for Today - 29 April 2025

“Shake off the dust under your feet.” Mark 6:11 NKJV Shake it off, and move forward Let’s be honest, each of us wants others to love, respect, and accept us. But when people are unready or unwilling to change or haven’t experienced the joy and fulfillment in Christ that you…
24 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 28 April 2025

“…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.” Romeine 10:20 NLV Jesus is die antwoord Die Bybel sê: ‘…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself…
24 Apr 3 min