Woord vir Vandag - 21 April 2025

Loading player...
“En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe.” Romeine 8:28 NLV
God weet wat goed is vir ons (2)
Carolyn Arends skryf: ‘Ons verwagtinge is nie net onrealisties nie, dis ook nie volgens die evangelie nie. Baie van ons verdraai sy belofte van ‘n oorvloedige lewe in iets wat lyk soos wat adverteerders elke dag aan ons verkoop. Hoe weerstaan ons die verwronge verwagtinge wat so diep ingeburger is? 1) Kyk na die definisies. Wanneer ek lees dat God ‘alles ten goede laat saamwerk,’ dink ek aan die adverteerders se definisie van ‘goed’ – dat dit ‘maklik,’ ‘jeugdig,’ ‘begeerlik’ of ‘ryk’ beteken. God definieer ‘goed’ heeltemal anders. Die Christene in die Nuwe Testament het geglo dat die grootste ‘goed’ is om meer soos Jesus te word. Hulle het dit as vanselfsprekend aanvaar dat die proses nie maklik sou wees nie. Hulle het verstaan dat die ‘goeie’ waarna God werk, baie meer omvangryk as een individu se omstandighede is. God is besig om sy koninkryk te vestig, ‘en om deur die Seun sy goeie verhouding met alles in die hemel en op die aarde te herstel…’ (Kolossense 1:20 NLV). Die grootste goed is om by daardie proses ingesluit te word. My hemelse Vader weet wat ek nodig het. Sy definisie van seën verskil van myne. 2) Herevalueer die dood. Ek kan ‘doodloopstrate’ in my loopbaan of verhoudings, wat geleenthede was om van rigting te verander, uitwys. As ek dink aan die energie wat ek bestee het om veranderings te weerstaan, wonder ek watter nuwe lewe ek sodoende misgeloop het. Jesus sê vir ons om te sterf sodat ons kan lewe, om al die illusies oor wat ‘n lewe goed maak, te laat gaan. Hy stap dan saam met ons terwyl ons ‘n duisend dode sterf, in die proses om ons lewe volgens sy Woord te verdiep.’
20 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 April 2025

“People who aren’t spiritual can’t receive these truths from God’s Spirit. It all sounds foolish to them.” 1 Corinthians 2:14 NLT When others “don’t get it” When you share your faith with someone and they don’t seem to “get it,” don’t be disappointed, don’t be upset, and don’t be impatient…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 30 April 2025

“Mense wat nog in materiële terme dink, kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig…” 1 Korintiërs 2:14 NLV Wanneer ander dit nie verstaan nie Wanneer jy jou geloof met iemand deel en dit lyk nie of hulle dit verstaan…
29 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 29 April 2025

“...skud sy stof van julle voete af…” Markus 6:11 NLV Skud dit af en beweeg vorentoe Kom ons wees eerlik, almal van ons wil hê dat ander mense vir ons lief moet wees, ons moet respekteer en ons moet aanvaar. Wanneer mense egter nie gereed is nie of onwillig is…
24 Apr 2 min

Word for Today - 29 April 2025

“Shake off the dust under your feet.” Mark 6:11 NKJV Shake it off, and move forward Let’s be honest, each of us wants others to love, respect, and accept us. But when people are unready or unwilling to change or haven’t experienced the joy and fulfillment in Christ that you…
24 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 28 April 2025

“…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.” Romeine 10:20 NLV Jesus is die antwoord Die Bybel sê: ‘…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself…
24 Apr 3 min