Wat's so spesiaal aan Mushokabanji as Meatco HUB: Venaani in NV

Loading player...
Die herrie oor die heraanstelling van Mwilima Mushokabanji as Meatco se uitvoerende hoof het in die parlement gaan draai. Die opdrag van die kabinet na die raad nie sy termyn hernu het nie, is wyd veroordeel. Voormalige landbouminister Calle Schlettwein het ook gewaarsku oor die heraanstelling, want gedurende sy termyn as maatskappyhoof is 1 miljard Namibiese dollar van belastingbetalers se geld bestee, sonder dat 'n wins bereik is. PDM-president McHenry Venaani het die volgende vrae aan eerste minister Elijah Ngurare gerig oor die kabinet se besluit.
15 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Waar wil inligtingministerie heen reis vir N$28 miljoen in S&T?

Verskeie nuwe parlementslede het in hul nooienstoesprake die voorgestelde begroting gekritiseer. John-Louw Mouton, die IPC se skaduminister van inligting- en kommunikasietegnologie, sê daar word nie genoeg voorsiening gemaak vir sagteware infrastruktuur nie. Mouton het ook die inligtingministerie se S&T-toewysing bevraagteken.
18 Apr 2AM 1 min

Hof beslis bekentenisse in Joshlin Smith-verhoor is toelaatbaar

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat in Saldanhabaai sit, het beslis die bekentenisse van twee beskuldigdes in die Joshlin Smith-saak, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn, is toelaatbaar. Die twee beweer hulle is aangerand en gedwing om skuld te beken, maar Regter Nathan Erasmus het die bewerings van die hand gewys aangesien…
18 Apr 2AM 1 min

B1 oop, veilig na klein hoeveelheid sianied gestort is

Die B1-pad noord van Otjiwarongo is weer oopgestel vir verkeer, het die padowerheid se woordvoerder, Hileni Filemon, aan die nasionale uitsaaier bevestig. Die pad was gesluit na 'n botsing tussen twee vragmotors, waarvan een sianied na B2Gold se Otjikoto-myn vervoer het. Twee mense is dood en 'n derde ernstig beseer…
18 Apr 1AM 1 min

GOOD-party verwelkom 90-dae-blitsveldtog teen GBV

Die GOOD-party verwelkom die regering se 90-dae-blitsveldtog teen geslagsgeweld en vrouemoord en noem dit 'n belangrike stap wat lankal gedoen moes word. Die party ondersteun 'n herlewing van die Interministeriële komitee oor geslagsgeweld en pogings om probleme in die regstelsel reg te stel. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê…
18 Apr 1AM 1 min

Ingrid Maasdorp-moord: Hartseer pa vra aksie

Die moord en verkragting van klein Ingrid Maasdorp in Okahandja maak steeds opslae. 'n Kerslig-waak is by die onderwysministerie se auditorium gehou, waar beroepe gedoen is dat wette kinders beter moet beskerm. Die geleentheid is bygewoon deur haar ouers, eerste minister Elijah Ngurare, die adjunkminister van onderwys Dino Ballotti, en…
18 Apr 12AM 1 min