
FNB se N$1 miljard aan SME’s 'uitstekende inisiatief'
Loading player...
FNB Namibia het 1 miljard Namibiese dollar opsy gesit om plaaslike SME’s te ondersteun wat betrokke is by die olie-, gas-, energie- en ontginningsektore. Dit volg op 'n memorandum van verstandhouding wat met Nigerië se Moneda Capital Management en Ino Capital Investments onderteken is. SME’s se kapasiteit sal ook gebou word vir die bedryf. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gesels wat sê dit is 'n goeie inisiatief.