Baanbrekende HyIron-Oshivela aanleg amptelik geopen

Loading player...
Namibië se baanbreker HyIron-Oshivela aanleg naby Arandis is amptelik geopen deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Dit is Suider-Afrika se eerste fasiliteit wat groenwaterstof gebruik om direk verminderde yster te vervaardig en die vlagskip-projek vir die land se groenenergie-ambisies. Die aanleg was vroeër vanjaar gereed vir die bekendstelling, maar dit is vertraag deur die dood van stigterspresident Sam Nujoma. Jaarlikse produksie van 15 000 ton direk verminderde yster word in die eerste projekfase beplan. Die projek sal na verwagting koolstof vrystellings met 27 000 ton per jaar verminder, wat gelykstaande is aan 50 persent van die vrystellings van Namibië se krag-bedryf. Nandi-Ndaitwah het in haar hooftoespraak verwys na haar aanvanklike verbasing toe sy deur beleggers genader is, en haar opgewondenheid nou dat die plan verwesenlik is.
11 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

AfriForum Jeug eis deursigtigheid oor beweerde sangoma-seremonie

AfriForum Jeug eis toegang tot die Noordwes-Universiteit se volledige ondersoekverslag oor die ontwrigting in die Eikenhof-vrouekoshuis verlede Sondag. Dit volg ná bewerings van 'n sangoma-seremonie in die koshuis, met studente wat ontstellende gille gerapporteer het. Die universiteit het intussen die bewering ontken, maar Yvonne Gerber van AfriForum vra egter 'n…
19 Apr 5AM 1 min

Kragopwekkers moet geregistreer word, sê CoW

Die Stad Windhoek het aangekondig dat alle ingeboude kragopwekkers geregistreer moet word, insluitend bystandopwekkers en sonkrag-fotovoltaïse stelsels. Die verpligte proses is om veiligheid te verseker, onstabiliteit in die kragnetwerk te voorkom en toerusting te beskerm. Kragopwekkers bo 500 kilovolt-ampere moet ook ingevolge die Elektrisiteitswet 'n opwekkingslisensie indien. Kosmos 94.1 Nuus…
19 Apr 5AM 1 min

Rundu kry voorafbetaalde water

Rundu se plaaslike owerheid het vandeesweek voorafbetaalde watermeters op die dorp ingestel. Dié owerheid het miljoene Namibiese dollar se agterstallige skuld by NamWater omdat inwoners nie hul waterrekeninge vereffen nie. Die nuwe stelsel is ‘n belegging van 6,9 miljoen Namibiese dollar. Die goewerneur van die Kavango-Oos-streek, Julius Hambyuka, het die…
19 Apr 4AM 1 min

SA hof stop uitsettings van studente

Die Hooggeregshof in Mthatha het die uitsettings van studentekoshuise by die Walter Sisulu Universiteit gestaak. Dit volg nadat die kampusbestuur die studente opdrag gegee het om teen 16:00 Vrydagmiddag die perseel te ontruim. Die uitsettingsbevel volg in die nasleep van gewelddadige studentebetogings wat Dinsdagoggend uitgebreek het en tot die dood…
19 Apr 3AM 1 min

Duisende pelgrims ruk op na Moira

Die burgemeester van Polokwane, John Mpe, sê veiligheidsmaatreëls is verskerp om die skare by die pelgrimstog op Moria te verseker. Duisende lede van die Zion Christian Church het op Moria toegesak vir die eerste volledige pelgrimstog sedert die Covid-19-pandemie. Beperkings is weens die pandemie op massa-geleenthede geplaas en die jaarlikse…
19 Apr 2AM 1 min