
Mens-dier-konflik 'gaan net erger word'
Loading player...
Die omgewingsministerie het die gebied van Casablanca naby Oshivelo ontbos ná 'n leeu-aanval. Adjunkdirekteur in die ministerie Erkki Rehabeam sê die buffersone het ten doel om gevaarlike ontmoetings te voorkom. Dit volg op 'n voorval waar twee bewaarders deur 'n leeu beseer is. Die leeu, 'n tiener mannetjie, was moeilik om te vang weens die digte bos. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Morgan Hauptfleisch, die hoof van navorsing by die Namibiese Natuurstigting gepraat oor die aanslag teen mens-dier-konflik.