
MTC se bemarkingsindaba bied gulde geleentheid
Loading player...
Die drie-dag MTC Handelsmerk- en Bemarkingsindaba het in Windhoek begin en bring meer as 300 afgevaardigdes en meer as 30 uitstallers bymekaar. Dit is die eerste geleentheid van sy soort in die land en bevat aanbiedings deur kundiges en paneelbesprekings oor handelsmerke, bemarking, openbare betrekkinge en advertensies. Dit bied ook netwerkgeleenthede en die deel van idees oor die bou van sterk handelsmerke. Tim Ekandjo, MTC se hoof van handelsmerk, bemarking, kommunikasie en volhoubaarheid, het die belangrik van die indaba aan die NBC verduidelik.