
Tariewe op China staan nou op 145%
Loading player...
Aandele op Wall Street het Donderdag weer getuimel weens toenemende kommer oor die ekonomiese impak van Amerikaanse president Donald Trump se multi-front tariefoorlog. Al drie groot Amerikaanse aandele-indekse het skerp gedaal en baie van die vorige sessie se winste uitgewis. CNBC berig dat die totale tariewe op China na 145 persent gestyg het, na 'n nuwe uitvoerende bevel van Trump wat die tarief van 84 persent tot 125 persent verhoog het. Die 20 persent sogenaamde fentaniel-tarief staan ook nog. Trump het na 'n kabinetsvergadering die chaos op die aandeelmark beskryf as oorgangskoste.