Groot skenking vir ISAF

Loading player...
Cindy Coetzee van die Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) was gistermiddag oorstelp toe MDS Collivery haar regstreeks op die lug verras het met 'n skenking van R10 000 vir die nie-winsgewende organisasie. Lizé van der Merwe van Collivery verduidelik hoekom hulle die I-S-A-F, wat ouers van kinders met spesiale behoeftes bystaan, ondersteun.
22 Sep 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

NHS- se landlopers presteer

Hoërskool Nelspruit se atlete het vroeër die week deelgeneem aan die NWU Puk-reeks vir landloop. Spankapteine, Inge Marie Odendaal en Henroux Herbst, kuier saam met die afrigters, Charl en Martie Naudé, by die Middag Game Drive.
18 Apr 3AM 15 min

Robs wen eerste Track & Field

Rob Ferreira se seunspan was die wenners van die nuwe Track & Field SA-kampioenskap. Die atletiekorganiseerder, Stefan van der Merwe, vertel die Middag Game Drive alles.
17 Apr 2AM 13 min

'Drag races' bekommer inwoners toenemend

Versnelrenne of sleeprenne of onwettige wedrenne in Nelspruit het die afgelope weke toegeneem. Dit kom baie meer georganiseerd voor as voorheen, en daar is nie te veel wat die owerhede daaromtrent kan doen nie. John Meintjies verduidelik.
14 Apr 7AM 9 min

Dis hoe ons rol in die Laeveld

Cobus en Doret van der Merwe trou eersdaags weer na 10 jaar - hierdie keer met 'n behoorlike partytjie vir 120 gaste. Hulle deel hul storie met Charles tydens Saterdag Ontbyt.
14 Apr 3AM 10 min

AHEI: Wat is dit

Harvard dink nou dat 30 jaar se navorsing aandui dat die Alternative Healthy Eating Index die beste is om te verseker jy word gesond oud. Voedingkundige Anntonette Roux verduidelik.
11 Apr 5AM 9 min