Die DA in Mpumalanga vra ‘n ondersoek na die konstruksie van Schoemansdal-stadion in Nkomazi wat 20 jaar gelede begin het. Volgens Trudie Grove-Morgan van die DA het Fase 1 van die projek, wat behels het om die veld skoon te maak en kleedkamers te bou, 1,3-miljoen-Rand gekos. Die projek is…
# Die polisie is op soek na twee verdagtes wat vroeg Sondagoggend betrokke was by 'n skietery by 'n taverne in Entokozweni. ‘n Man wat nog nie geïdentifiseer is nie, is noodlottig gewond. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli het twee gewapende mans met klapmusse net ná middernag…
# 68 verdagtes verskyn vandag in die Sabie-landdroshof op aanklagte wat verband hou met onwettige mynbedrywighede. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, volg dit op ‘n ondersoek wat geloods is na ‘n slagoffer van Lesotho in Augustus ‘n saak van ontvoering by die Sabie-polisiestasie aangemeld het. Onder die…
Twee taxibestuurders is noodlottig gewond terwyl 'n derde taxibestuurder sowel as 'n busbestuurder om hul lewens veg in die hospitaal ná ‘n skietery Donderdag by ‘n taxi-staanplek in Calcutta. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het die busbestuurder verby die toneel gery toe hy getref is. Die motief…
Daar is 'n tekort aan spesiale skole in Mpumalanga. So sê Habie Pienkie, die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spesiale Onderrig (SANASE) in Mpumalanga. Die provinsiale onderwysdepartement het die week 'n twee dae lange Indaba oor gestremdheid in Mbombela aangebied.
Die Mpumalanga Departement van Onderwys het die week 'n twee dae lange Indaba oor gestremdheid in Mbombela aangebied. Die LUR vir Onderwys, Bonakele Majuba, tesame met die leierskap van verskillende organisasies wat mense met gestremdhede verteenwoordig, was teenwoordig. Patrick Mahlakwane, die nasionale voorsitter van Disabled People South Africa (DPSA) sê…
Die Nelspruit Eisteddfod kan vanjaar vir die eerste keer in vier jaar sedert die grendeltydperk weer ‘n gala-aand aanbied. Eugené Wait, die organiseerder van die kuns-afdeling, reël ook hierdie spog-geleentheid. Sy sê soos elke jaar is die plaaslike talent oorweldigend en was dit baie moeilik vir die organiseerders om te…
September is Wêreld Alzheimer's maand en ADASA (voorheen Alzheimer's Mpumalanga) kweek bewusmaking daaroor. Elria Erasmus sê Alzheimer se siekte is die mees algemene vorm van demensie en word veroorsaak deur beta-amyloïede proteïen en plaak.
‘n Rugby Wêreldbeker sonder ‘n spesiale lied van Leon Schuster vir die Springbokke is haas ondenkbaar sedert “Hier kom die Bokke” in 1995 vrygestel is. Hierdie jaar is sy bydrae “Bokmasjien” end it klim reeds die trefferparades uit. Schuster deel sy gedagtes oor die Bokke se pad na ‘n vierde…
# Die borgaansoek van sewe mense wat aangekla word in verband met ‘n transitoroof wat op 11 Augustus naby Malalane uitgevoer is, kon nie gister in die Tonga-landdroshof voortgaan nie, weens beurtkrag wat hofverrigtinge onderbreek het. Onder die aangeklaagdes tel drie beamptes van die voormalige Witrivier-blitspatrollie. Die woordvoerder van die…
Navorsing toon dat 81% van 10-jarige Suid-Afrikaanse kinders in geen taal kan lees nie en ‘n plaaslike nie-regeringsorganisasie, Penreach, wil dit aanspreek. Ronald Chanetsa van Penreach sê die probleme wat ongeletterdheid bring is baie en kring wyd uit.
‘n Verdagte het gister in die Kanyamazane-landdroshof verskyn na ‘n Amerikaanse egpaar onderweg na die Krugerwildtuin verlede Donderdag ontvoer en beroof is.
‘n Verdagte het gister in die Kanyamazane-landdroshof verskyn na ‘n Amerikaanse egpaar onderweg na die Krugerwildtuin verlede Donderdag ontvoer en beroof is. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, was die 47-jarige man en 39-jarige vrou op die R536-pad in die Calcutta-omgewing toe hulle deur ’n VW Golf met ’n…
Groot dele van Witrivier het reeds drie dae nie water nie, en is vanoggend ook verras met die herinstelling van beurtkrag in die dorp. Die area is vroeër kwytgestel van beurtkrag te wyte aan 'n ooreenkoms tussen die houtpaneel-vervaardiger Sonae Arauco en die Mbombela-stadsraad. Eskom het egter nou geappèlleer teen…
Die Mpumalanga Departement van Onderwys hou vanaf môre 'n twee dae lange Indaba oor gestremdheid in Mbombela plaaslike munisipaliteit. Die LUR vir Onderwys, Bonakele Majuba, tesame met die leierskap van verskillende organisasies wat mense met gestremdhede verteenwoordig, sal teenwoordig wees om vordering met die ondersteuning van leerlinge met gestremdhede te…
Die Mpumalanga regering het sy medelye betuig aan die familie van wyle prins Mangosuthu Buthelezi. Die stigtingsleier van die Inkatha Vryheidsparty en tradisionele eerste minister van die Zulu-koning en -volk, is Saterdagoggend in die ouderdom van 95 oorlede. Sy begrafnisdiens vind Vrydag plaas. Die KwaZulu-Natal Provinsiale Regering sê Buthelezi se…
Die polisie in Komatipoort het vier mans vir ondervraging ingeneem ná meer as 32-duisend liter diesel gesteel is vanaf 'n vragmotor wat Donderdagaand in Hectorspruit gekaap is. Volgens die polisie het die bestuurder by 'n vulstasie op die N4 gestop. Met sy terugkeer van ‘n kiosk is hy deur drie…
‘n 36-jarige vrou is Woensdagoggend in die middestad van Mbombela doodgeskiet. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, was sy op pad werk toe, toe iemand in ‘n wit Isuzu-bakkie verbygery en haar geskiet het. ‘n 33-jarige man is gisteraand in Louw’s Creek in verband met die moord in hegtenis geneem…
'n Gru-ongeluk op die N4 Schoemanskloof het vanoggend 'n vragmotorbestuurder se arm geëis. Volgens ‘n woordvoerder van Emer-G-Med, Kyle van Reenen, het twee vragmotors teen mekaar gebots. Een het omgekeer en die pad versper. Die bestuurder is kritiek beseer. Sy regterarm is tydens die ongeluk geamputeer. Hy is per helikopter…
Drie verdagtes verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof vir die besit van 'n na bewering gekaapte voertuig. Hulle is Dinsdag aangekeer toe hulle ‘n wit dubbelkajuit Toyota Hilux-bakkie - wat verlede November in Gauteng gekaap is - op die perseel van ‘n polisiestasie geparkeer het. Hulle het in die bakkie bly…
7 Sep 2023 2AM
1 min
520 – 540
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.