
Drie vasgetrek met spoorlyn wat glo by Barberton gesteel is
Loading player...
Drie verdagtes is gister op die N4 naby Middelburg vasgetrek in besit van gesteelde spoorlyne met ‘n geraamde waarde van 3-miljoen-Rand. Volgens die polisie in Mpumalanga is die arrestasie die resultaat van samewerking tussen die Teen-bende-eenheid, patrollie-beamptes en lede van die publiek. Volgens inligting is die treinspoor verlede maand naby Barberton gesteel. Die vragmotor met sy besending en ander items is vir verdere ondersoek gekonfiskeer. Hulle sal na verwagting môre in die Middelburg-landdroshof verskyn.