
Pumas kry tuis pak slae in tweede ronde van Curriebeker
Loading player...
Die Fidelity ADT Leeus kon Vrydagaand in Mbombela tien drieë druk teen die Airlink Pumas om hulle met 75-21 pak slae te gee in die tweede ronde van die Curriebeker. Die Leeus het teen rustyd met 35-7 voorgeloop. Tapiwa Mafura kon ‘n driekuns behaal en Sam Francis het op sy debuut 30 punte aangeteken vir die span van Johannesburg. Pumas-hoofafrigter Jimmy Stonehouse sê weens die Mpumalanga Premier-Internasionele Sokkerbeker wat by Mbombela-stadion gespeel word die volgende twee naweke, moes die pienktruie hul wedstryde skuif.