
Pumas positief voor eerste Curriebeker tuiswedstryd
Loading player...
Die Pumas het die Curriebeker die naweek afgeskop met 'n sege oor die Griekwas van 44-24 in Kimberley. Hul eerste tuiswedstryd is hierdie Vrydag by Mbombela-stadion teen die Leeus. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê die Puma-span begin nou vorm aanneem en die Leeus het die kompetisie self op 'n wennoot afgeskop: met 'n 26-25 oorwinning oor die Haaie in Durban.