
AfriForum-buurtwagte help verwoestende Laeveldse brande bestry
Loading player...
# AfriForum se buurtwagte in Witrivier, Machadodorp en Mbombela help sedert die naweek om die verwoestende brande wat reeds meer as 4-duisend-500-hektaar se plantasies en makadamiaboorde vernietig het te beveg – in samewerking met die Laeveld-brandbeskermingsvereniging en gemeenskapslede. Arlo van Heerden, AfriForum se streekskoördineerder vir die Mpumalanga Laeveld, benadruk dat dit geweldige finansiële verliese vir bosbou inhou. Hy sê die buurtwagte, wat bestaan uit opgeleide vrywilligers, span sogenaamde “bakkiesakkies” in om brande mee te bestry.