
Manne vas wat gekaapte bakkie by polisiestasie parkeer
Loading player...
Drie verdagtes verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof vir die besit van 'n na bewering gekaapte voertuig. Hulle is Dinsdag aangekeer toe hulle ‘n wit dubbelkajuit Toyota Hilux-bakkie - wat verlede November in Gauteng gekaap is - op die perseel van ‘n polisiestasie geparkeer het. Hulle het in die bakkie bly sit en toe ‘n beampte hul nader het die bestuurder weggehardloop. Die twee passasiers is gearresteer. Volgens polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdluli, het die bestuurder later teruggekom om die bakkie te probeer terugvat en hy is ook in hegtenis geneem.