
Borgaansoek van vermeende transitorowers in Tonga uitgestel
Loading player...
# Die borgaansoek van sewe mense wat aangekla word in verband met ‘n transitoroof wat op 11 Augustus naby Malalane uitgevoer is, kon nie gister in die Tonga-landdroshof voortgaan nie, weens beurtkrag wat hofverrigtinge onderbreek het. Onder die aangeklaagdes tel drie beamptes van die voormalige Witrivier-blitspatrollie. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê dit was die tiende dag van hul aansoek. Die saak is uitgestel tot 21, 26 en 27 September. Hulle bly in aanhouding.