100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,797 Episodes
240 – 260

Mandla Ndlovu as Mpumalanga premier verkies

Die ANC se provinsiale voorsitter, Mandla Ndlovu, is vanoggend tot Mpumalanga premier verkies deur die wetgewer. Geen ander kandidate is vir die pos genomineer nie. Die voormalige burgemeester van Govan Mbeki plaaslike munisipaliteit, Lindi Masina, is onbestrede as Speaker verkies. Sam Masango, voorheen die tesourier van die ANC-jeugliga in die…
14 Jun 2024 5AM 1 min

Voormalige Govan Mbeki-burgemeester verkies tot Speaker in Mpu-wetgewer

Die Mpumalanga provinsiale wetgewer het vanoggend 'n nuwe Speaker, adjunkspeaker en Premier verkies. Die voormalige burgemeester van Govan Mbeki plaaslike munisipaliteit, Lindi Masina, is onbestrede as Speaker verkies. Sam Masango, voorheen die tesouries van die ANC-jeugliga in die provinsie, is haar adjunk. Die genomineerde premierskandidaat is die ANC se provinsiale…
14 Jun 2024 5AM 1 min

Mpumalanga-wetgewer hou môreoggend eerste sitting

Die Mpumalanga provinsiale wetgewer kom môreoggend byeen om nuwe lede in te sweer en 'n nuwe Speaker, adjunkspeaker en Premier te verkies. Die regerende ANC se steun het tydens die verkiesing beduidend - met 20 persentasiepunte - gedaal, maar die party het steeds 51-persent op hom verenig, en 27 setels…
13 Jun 2024 8AM 1 min

Man kry lewenslank vir moord op minderjarige vriendin in Masoyi

Die Hooggeregshof in Mpumalanga het ‘n burger van eSwatini gister skuldig bevind en gevonnis vir die moord in 2021 op sy minderjarige vriendin in Masoyi. Die 26-jarige Khulekani Mpendulo Maziya se 15-jarige vriendin, Confidence Nomfundo Mabuye, is op Kersdag 2021 as vermis aangemeld deur haar familie. In Augustus 2022 is…
13 Jun 2024 4AM 1 min

Verkragter tot lewenslank gevonnis

‘n 40-jarige man is lewenslange tronkstraf opgelê deur die KwaMhlanga-streekshof vir die verkragting van ‘n 15-jarige meisie. Abashon Posh Mayo en sy slagoffer was bure ten tyde van die voorval in 2012. Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, sê die hof het die voorgeskrewe vonnis opgelê…
12 Jun 2024 8AM 1 min

Maatskappy-direkteur skuldig aan belastingbedrog

‘n Direkteur van vier maatskappye is Maandag skuldig bevind in die Gespesialiseerde Hof vir Kommersiële Misdade in Nelspruit op 12 aanklagte wat verband hou met geldwassery en oortreding van die Belastingwet. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is die ondersoek na Smangaliso Khoza agt jaar gelede van…
12 Jun 2024 5AM 1 min

Evander reeds agt dae sonder water

Die DA in Govan Mbeki-munisipaliteit het ‘n beroep gedoen op die ANC administrasie om ‘n gebeurlikheidsplan te ontwikkel om watertoevoer in Evander te verseker. Volgens Ansie van Marle, DA-raadslid, was inwoners teen gister reeds agt dae sonder water. Sy sê daar is nie ‘n noodpomp om langdurige onderbrekings te verhoed…
12 Jun 2024 4AM 1 min

Polisie vra inligting na ontdekking van twee liggame

Die polisie in Mpumalanga vra die publiek om na vore te kom met inligting na twee mense vermoor gevind is in afsonderlike voorvalle. ‘n Man met skietwonde is Maandag in Dingledale Trust naby Thulamahashe gevind. ‘n Vrou se verbrande liggaam is Sondag in bosse in Mphenyatsatsi naby Bosbokrand ontdek. Haar…
12 Jun 2024 4AM 1 min

Verdagtes gesoek na transitoroof in Mhala

Die Valke in Mpumalanga soek na gewapende rowers wat Saterdagmiddag ‘n transitoroof op twee Fidelity-voertuie uitgevoer het in die omgewing van Thulamahashe. ‘n Groep van ongeveer 20 gewapende aanvallers het glo toegeslaan en die bestuurder van die ondersteuningsvoertuig geskiet en gewond. Hulle het op die gepantserde voertuig geskiet om dit…
10 Jun 2024 4AM 1 min

Verdagtes gesoek na skietery in Hazyview

Die polisie ondersoek ‘n moord en poging tot moord wat gister laatmiddag in Hazyview gepleeg is. ‘n 35-jarige vrou is dood en ‘n man is gewond. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het die voorval by ‘n restaurant gebeur. Die slagoffers het in hul voertuig gesit toe twee…
7 Jun 2024 5AM 1 min

Valk aangekeer weens beweerde betalings van renosterstroping-sindikaat

‘n Sersant in die Valke het gister in die Nelspruit-streekshof verskyn op aanklagte van korrupsie, bedrog en regsverydeling. Volgens die Valke het die 47-jarige Kgaugelo Aubrey Mogale, ‘n lid van die ondersoekspan na Projek “Blood Orange”’, 6-duisend-Rand in betalings ontvang vanaf een van die beskuldigdes. “Blood Orange” ondersoek beweerde betalings…
5 Jun 2024 4AM 1 min

Brandstofpryse daal met meer as R1 per liter

Suid-Afrikaanse motoriste gaan om middernag 'n skerp daling in brandstofpryse ervaar. Albei grade petrol daal met R1.24 per liter, en diesel met R1.09 en R1.19 per liter.
4 Jun 2024 8AM 1 min

Mpumalanga premier trek haar kruisie in Witbank

Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vanoggend saam met duisende ander Suid-Afrikaners in die ry ingeval om haar kruisie te trek in die algemene verkiesing. Sy het haar stem in Emalahleni uitgebring. Sy sê die enigste probleem tot dusver met stemmery in die provinsie was voorvalle Maandag in Hendrina…
29 May 2024 4AM 1 min

Premier en polisiekommissaris monitor stemmery in Hendrina

Die Mpumalanga Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vandag die spesiale stemmery in Hendrina gemonitor. Dit volg na die Verkiesingskommissie ‘n saak van intimidasie teen agente van twee politieke partye geopen het. Die premier is vergesel deur die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, om die voorval te ondersoek. Mtshweni-Tsipane sê enige individu…
28 May 2024 9AM 1 min

Mpumalanga gereed vir verkiesing

Die waarnemende LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Busisiwe Shiba, bevestig dat alle rolspelers in die sekuriteitsektor op ‘n hoë gereedheid-grondslag geplaas is vir môre se stemdag. Sy sê brandpunte is geïdentifiseer en almal se reg om vrylik te stem moet gerespekteer word. John Meintjies van die Laeveld Gesamentlike Operasionele Bevel…
28 May 2024 8AM 1 min

Pumas soek weer beker-oorwinning in Griekwas se agterplaas

Die Airlink Pumas takel die Suzuki Griekwas môre in die eindstryd van die SA Beker. Die Griekwas is onoorwonne in dié nuwe kompetisie, en is die enigste span wat die ewe indrukwekkende Pumas tydens die rondomtalie-fase kon wen. Die pienktruie het egter drie van hul laaste vyf kragmetings teen die…
24 May 2024 4AM 1 min

Premier oorhandig nuwe voertuie aan tradisionele leiers

Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vandag verskeie nuwe voertuie aan tradisionele leiers oorhandig by Mbombela-stadion. Sy sê dit het ten doel om hul taak te vergemaklik wanneer hulle hul take in uitgebreide areas aan wydverspreide gemeenskappe uitvoer. Mtshweni-Tsipane sê dit is egter kommerwekkend om te hoor dat sekere…
23 May 2024 7AM 1 min

DA verkla ANC oor geweldadige gedrag in Steve Tshwete

Die DA sê dit het die norm geword vir ANC-lede om raadsvergaderings van Steve Tshwete-munisipaliteit te ontwrig. In die jongste voorval het raadslede Vrydag met geweldadige gedrag ‘n vergadering ontwrig waartydens ‘n mosie van wantroue in die burgemeester, Petros Masilela, gehoor sou word. Die DA-hoofsweep, Palesa Mobango, sê lede het…
23 May 2024 7AM 1 min
240 – 260