
Maatskappy-direkteur skuldig aan belastingbedrog
Loading player...
‘n Direkteur van vier maatskappye is Maandag skuldig bevind in die Gespesialiseerde Hof vir Kommersiële Misdade in Nelspruit op 12 aanklagte wat verband hou met geldwassery en oortreding van die Belastingwet. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is die ondersoek na Smangaliso Khoza agt jaar gelede van stapel gestuur. Dit hou verband met belastingopgawes op in 2013 en 2014 ingedien is en wat die Inkomstediens amper 3-miljoen-Rand in werklike verliese sowel as addisionele potensiële verliese laat ly het. Die verhoor van sy medebeskuldigdes, sy lewensmaat en broer, sou die week begin. Die saak teen Khoza is tot 23 Augustus uitgestel vir voor-verhoor-verrigtinge.