
Mpumalanga-wetgewer hou môreoggend eerste sitting
Loading player...
Die Mpumalanga provinsiale wetgewer kom môreoggend byeen om nuwe lede in te sweer en 'n nuwe Speaker, adjunkspeaker en Premier te verkies. Die regerende ANC se steun het tydens die verkiesing beduidend - met 20 persentasiepunte - gedaal, maar die party het steeds 51-persent op hom verenig, en 27 setels gewen. Die MK Party is die nuwe amptelike opposisie in die provinsie met amper 17-persent van die stem wat aan hulle nege setels besorg. Die EFF het sewe, en die DA ses. Die VF Plus kon hul setel behou en ActionSA het vir die eerste keer 'n setel gewen. Die genomineerde premierskandidate is die provinsiale voorsitter, Mandla Ndlovu; die vroueliga se sameroeper, Cathy Dlamini; en die huidige Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane.