
Mpumalanga gereed vir verkiesing
Loading player...
Die waarnemende LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Busisiwe Shiba, bevestig dat alle rolspelers in die sekuriteitsektor op ‘n hoë gereedheid-grondslag geplaas is vir môre se stemdag. Sy sê brandpunte is geïdentifiseer en almal se reg om vrylik te stem moet gerespekteer word. John Meintjies van die Laeveld Gesamentlike Operasionele Bevel sê rolspelers in die private sektor is ook gemobiliseer.