100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,796 Episodes
100 – 120

Twee wat glo geld kan verdubbel bly in aanhouding in Nelspruit

Twee mans het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer bedrog. Bosco Owino en Robert Ssebataazi, burgers van Uganda, is Vrydag aangekeer. Volgens die Valke het hulle hul verhuurder oorreed om sy erfgeld vir hulle te gee, wat hulle dan sou verdubbel. Hulle het glo ook veral…
12 Nov 2024 3AM 1 min

Groot skade in Piet Retief weens erge storm

Munisipale kantore, skole en sakeondernemings in Piet Retief is erg beskadig tydens ‘n donderstorm die naweek. Bome is ontwortel en huise se dakke is afgewaai. Die DA-lid, Irene Brussow, sê hulle simpatiseer met almal wat benadeel is, en bedank almal wat hulp verleen het. Sy doen ‘n beroep op die…
11 Nov 2024 8AM 1 min

Borg geweier vir Sabie-pastoor wat van verkragting aangekla word

Die landdroshof in Sabie het 'n 46-jarige pastoor, wat daarvan aangekla word dat hy 'n 16-jarige lid van sy gemeente verkrag het, borgtog geweier. Die meisie is verlede maand na sy huis, waar hy veronderstel was om vir haar te bid vir genesing van 'n wond, toe hy haar na…
8 Nov 2024 3AM 1 min

100 dae van veiligheid in Mpu

Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het vanoggend saam met die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, by die Witrivier-polisiestasie terugvoering gegee oor hul eerste 100 dae in hul nuwe poste. Hulle het suksesse uitgelig sowel as planne vorentoe om misdaad te bekamp. Macie sê hulle is nou…
7 Nov 2024 8AM 1 min

Slaggate kos Openbare Werke in Mpumalanga

Die provinsiale Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer staar eise van meer as 3-punt-1-miljoen-Rand in die gesig weens voertuie wat in die eerste kwartaal van dié finansiële jaar deur slaggate beskadig is. ‘n Totaal van 58 eise is vanaf April tot Junie ingedien. 19 is tot dusver uitbetaal. Teboho…
6 Nov 2024 6AM 1 min

Mpumalanga polisie vra hulp om ontdekte liggaame uit te ken

Die polisie in Mpumalanga het enigiemand met inligting gevra om na vore te kom na die ontdekking van drie ongeïdentifiseerde liggame die afgelope week. Twee ontbinde liggame is gisteroggend langs die R37 tussen Nelspruit en Lydenburg ontdek. Sondag is 'n ontbindende liggaam in bosse naby 'n skool in Nokaneng gevind…
1 Nov 2024 5AM 1 min

Ondersoek gelas na sterfte van tweejarige in Bosbokrand

Die polisie in Mpumalanga vra vir kalmte terwyl hulle die omstandighede ondersoek waaronder 'n tweejarige seuntjie gister in Violetbank naby Bosbokrand dood is. Volgens die polisie het hulle gereageer op 'n noodoproep oor sibbe van onderskeidelik 2, 3, 4 en 5 jaar oud wat maagpyn ervaar het. Die jongste kind…
31 Oct 2024 5AM 1 min

DA ontstoke oor gr. 3's se Afrikataal-onderrig

Die DA beplan om die Mpumalanga Onderwysdepartement by die Menseregtekommissie aan te gee omdat hulle nie Afrikataal-leesmateriaal aan leerders verskaf nie. Volgens die DA se Annerie Weber het die onlangse verslag van die Ouditeur-Generaal gevind 890 laerskole in Mpumalanga is nie vanjaar van graad 3-Afrikatale leesstof voorsien nie. Dit raak…
25 Oct 2024 8AM 1 min

Polisie bepleit kalmte na twee dubbele moorde in Mpumalanga

Die polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het gepleit vir kalmte na twee dubbele moorde op verskillende plekke in die provinsie die afgelope dae. In die eerste voorval is twee vroue Sondag op die N4 naby Middelburg doodgeskiet gevind. In die twee voorval het die polisie ‘n oproep ontvang dat…
23 Oct 2024 10AM 1 min

Mpumalanga stel Veiliger Feestyd-veldtog bekend

Die polisie in Mpumalanga het Saterdag amptelik die 2024/25 Veiliger Feestyd-veldtog by Mangweni Trust naby Komatipoort van stapel gestuur om ‘n veiliger feestyd vir gemeenskappe te verseker. Verskeie wetstoepassingsagentskappe was teenwoording om die Operasionele Plan aan die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, voor te lê. Die waarnemende polisiekommissaris, generaal-majoor Zeph…
21 Oct 2024 8AM 1 min

Polisie ondersoek voorval waar hond man glo doodbyt

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n voorval waartydens ‘n man deur sy werkgewer se hond doodgebyt is. Die voorval het Vrydag by Marapyane in Mmamethlake plaasgevind. Volgens die polisie het die 58-jarige op die perseel gewoon en na die honde omgesien. Hulle is op hok gehou en is slegs vroeg-soggens…
21 Oct 2024 8AM 1 min

Mpu Onderwys betaal spookwerkers R6m

Die DA versoek die Spesiale Ondersoekeenheid om die Mpumalanga Departement van Onderwys te ondersoek nadat dit aan die lig gekom het dat hulle meer as 6-miljoen-Rand in salarisse aan voormalige en afgestorwe werknemers in die 2023/24-boekjaar betaal het. Volgens Annerie Weber het dit in die Ouditeur-Generaal se verslag, gedateer 9…
16 Oct 2024 7AM 1 min

20 jaar vir man wat buurkind verkrag

’n 43-jarige man is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy buurman se 10-jarige dogter. Die voorval het in Maart verlede jaar by Schoemansdal in Nkomazi plaasgevind. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, het Mbongeni Andries Shongwe in die Boschfontein-streekhof skuld op…
16 Oct 2024 5AM 1 min

Dag Zero kom nader in Ermelo

Die DA sê inwoners van Chief Albert Luthuli- en Msukaligwa-munisipaliteite kan binnekort sonder water wees met damvlakke wat vinnig daal. Die party doen 'n beroep op die Mpumalanga-regering om 'n ramptoestand in dié areas af te kondig. James Masango van die DA sê die Brummerdam is amper leeg en Ermelo…
15 Oct 2024 8AM 1 min

Rondawels brand af in die Krugerwildtuin

SANParke het besoekers aan die Krugerwildtuin aangeraai om versigtig te wees met braaivleisvure in winderige toestande. Dit volg na verskeie rondawels gisteraand afgebrand het. In Olifants-kamp het drie eenhede in ligte laaie opgegaan. In Satara-ruskamp het 'n braaivuur 'n wooneenheid aan die brand laat slaan. Daar was in die geval…
15 Oct 2024 7AM 1 min

16-jarige dood gevind na jagtog saam met maat

Die polisie ondersoek die dood van ‘n 16-jarige seun van Masoyi wat die naweek dood gevind is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hy Saterdag saam met ‘n 12-jarige maat met honde gaan jag. Toe hulle teen Sondag nog nie tuis was nie, maar die honde wel…
14 Oct 2024 7AM 1 min

Voormalige Eskom-werknemer pleit skuldig aan bedrog

Die Middelburg Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof het Thandi Ruth Magagula, 'n voormalige veiligheidsrisikobeampte by Eskom, skuldig bevind op aanklagte van korrupsie en bedrog. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Mpumalanga, het sy skuldig gepleit op sewe aanklagte van korrupsie en twee aanklagte van bedrog. Nyuswa sê dit het…
14 Oct 2024 5AM 1 min

Polisie lê beslag op amper 5-miljoen-Rand se dagga

Die polisie in Mpumalanga het beslag gelê op dagga ter waarde van R4,7 miljoen op die N12 in Delmas. Hulle het inligting van misdaad-intelligensie en die Trilaterale Beplanningsel (TPC) bekom en op 'n vragmotor met die besending dagga toegeslaan. Die vragmotor was van Eswatini na Johannesburg onderweg. Die gewig van…
11 Oct 2024 4AM 1 min

DA bevraagteken aanstelling van ongeskikte kandidaat

Die DA in Thaba Chweu het aan die Premier, Mandla Ndlovu, en LUR vir Samewerkende Regering, Speedy Mashilo, geskryf om kapsie aan te teken teen die aanstelling van ‘n Tegniese Bestuurder in die munisipaliteit. DA-raadslid, Spiridon Couvaras, sê die regerende ANC het tydens ‘n onlangse raadsitting blatant minimum vereiste kwalifikasies…
10 Oct 2024 5AM 1 min

Departement stig eenheid om politieke moorde in Mpumalanga te ondersoek

Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het ‘n eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade gestig om politieke moorde in die provinsie te ondersoek. Daar was sedert 1998 'n aantal hoë-profiel politieke moorde, wat die sogenaamde Januarie-sluipmoorde insluit. Jimmy Mohlala, was die Speaker in Mbombela; Sammy Mpatlanyane, die voormalige hoof van kommunikasie…
9 Oct 2024 7AM 1 min
100 – 120