100 dae van veiligheid in Mpu

--:--
Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het vanoggend saam met die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, by die Witrivier-polisiestasie terugvoering gegee oor hul eerste 100 dae in hul nuwe poste. Hulle het suksesse uitgelig sowel as planne vorentoe om misdaad te bekamp. Macie sê hulle is nou toegespits op hul Veiliger Feestyd-operasies.
7 Nov 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Omgekoopte amptenaar gearresteer weens korrupsie met ID

’n Amptenaar van die Departement van Binnelandse Sake is gister by haar werkplek in die teenwoordigheid van haar baas en kollegas in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie. Volgens die Valke is Violet Mabena in Oktober 2021 20-duisend-Rand betaal om 'n vrou te help om 'n identiteitsdokument vir haar stiefseun…
20 Nov 7AM 1 min

Twee kry lewenslank vir moord op taxi-baas

Die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga het die lewenslange vonnisse verwelkom wat die Hooggeregshof in Middelburg aan twee mans vir moord met voorbedagte rade opgelê het. Andile Ndlangamandla en Thembinkosi Chonco is skuldig bevind aan die moord op die voorsitter van die Middelburg Taxi-vereniging, Masinya Mthimunye, in September 2018. Hulle het…
20 Nov 7AM 1 min

Vrou voor gimnasium in Mbombela doodgeskiet

Die polisie het bevestig ‘n vrou is vanoggend doodgeskiet in die parkeerterrein voor Virgin Active Red in Riverside in Mbombela. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Brigadier Donald Mdhluli, was die 34-jarige vrou ‘n dokter by ‘n openbare hospitaal. Sy het na vermoede om ongeveer half 6 die gimnasium verlaat toe sy verskeie…
20 Nov 6AM 1 min

Mpumalanga premier mik vir skoon oudit

Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, sê sy Kantoor is vasbeslote om ‘n skoon oudit te behaal. Hy het vanoggend voor die Gekose Komitee oor Openbare Rekeninge in die wetgewer verskyn. Hy was vergesel deur die waarnemende direkteur-generaal, Peter Nyoni, en ander senior bestuurders om antwoorde te verskaf met betrekking tot…
19 Nov 6AM 1 min

Borg vir vier polisiebeamptes wat glo R1,8m probeer steel

Vier polisiebeamptes wat van diefstal en regsverydeling aangekla word, is vanoggend in die Barberton-landdroshof borgtog van 5-duisend-Rand elk toegestaan. Die drie mans en ‘n vrou het na bewering 1-miljoen-800-duisend-Rand van ‘n onwettige myn-ringkop gekonfiskeer, maar dit nie verklaar of ‘n saak geopen nie. Hulle het Vrydag die eerste keer in…
19 Nov 5AM 1 min