Groot skade in Piet Retief weens erge storm
--:--
Munisipale kantore, skole en sakeondernemings in Piet Retief is erg beskadig tydens ‘n donderstorm die naweek. Bome is ontwortel en huise se dakke is afgewaai. Die DA-lid, Irene Brussow, sê hulle simpatiseer met almal wat benadeel is, en bedank almal wat hulp verleen het. Sy doen ‘n beroep op die provinsiale rampbestuur-eenheid om slagoffers verder by te staan.