Ekonoom sê NNN het gefokus op die regte goed

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het verskeie dwingende kwessies in haar eerste staatsrede aangeraak, onder meer dat tersiêre onderwys vanaf volgende jaar 100 persent deur die regering gesubsidieer sal word. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar op die staatsrede by Cirrus ekonoom Robert McGregor gekry, wat baie positief is.
28 Apr 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbouwerkgewersvereniging se jaarkongres op pad!

Die Landbouwerkgewersvereniging sal sy jaarlikse kongres op 10 Junie hou. Boereverenigings word uitgenooi om hulle verteenwoordigers te stuur. Onderwerpe wat onder loep gaan kom is onder andere die geestelike gesondheid van plaaswerkers. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van die vereniging, Danie van Vuuren gesels.
28 Apr 10AM 1 min

Onderwysminister verduidelik 'infrastruktuur' beteken 'heining'

Die verkrygingswetsontwerp word tans in die Nasionale Vergadering bespreek, terwyl parlementslede ook vrae kan vra. Die drie moorde op Okahandja van jong meisies is ook opgehaal, omdat die twee jongste slagoffers by die KW von Marees Gekombineerde Skool ingeskryf was. Die AR-parlementslid George Kambala het onderwysminister Sanet Steenkamp gevra of…
28 Apr 10AM 1 min

Hoekom so lank om Hengari te ontslaan?

Meer inligting is bekend oor die standpunt van die IPC se skadu geslagsminister Lilian Lutuhezi oor die aanstelling van oud-landbouminister Mac Hengari. In ‘n verklaring sê sy die skandaal is bewys dat die regering versuim om vroueregte te beskerm. Lilian Lutuhezi Maandag Een
28 Apr 10AM 1 min