Presidentskantoor se begroting-toewysing in NV

Loading player...
Die begroting word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek. Die wetsontwerp is nou in die komiteefase. Al die verskeie stemme en ontwikkelingsprojekte van die sektore word uiteengesit. Tydens vanoggend se sessie het die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, die toewysing aan die presidentskantoor voorgelees. Die kantoor het meer befondsing ontvang as gevolg van drie nuwe direktorate - olie en gas, gemarginaliseerde gemeenskappe en gestremdheidsake.
25 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ligte reën word die week verwag

Die Namibiese weerdiens verwag dat ligte reën vandeesweek sal voorkom met die oostelike dele, en die suide wat ook neerslae sal ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met Odillo Kgobetsi van die diens gesels.
28 Apr 6AM 1 min

Stad Windhoek sê oor watertariewe

Die hoofstad se watersekuriteit sal eers ná die reënseisoen ontleed en bepaal word, sê die Windhoekse munisipaliteit. Vir nou val die stad steeds in kategorie D en spaar inwoners nie genoeg water nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Lydia Amutenya, die munisipaliteit se woordvoerder, oor die kwessie gepraat:
28 Apr 6AM 1 min

Gewasbestuursplanne nou belangriker as ooit

Met ligte reën wat nog vandeesmaand verwag word, word boere aangemoedig om reeds te begin voorberei vir die komende winterseisoen. Met 'n gewasbestuursplan word boere aangeraai om hulself te vergewis van die verskeie omgewingsfaktore wat gewasproduksie beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, die tegniese adviseur vir gewasse en…
28 Apr 6AM 1 min

Ekonoom sê NNN het gefokus op die regte goed

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het verskeie dwingende kwessies in haar eerste staatsrede aangeraak, onder meer dat tersiêre onderwys vanaf volgende jaar 100 persent deur die regering gesubsidieer sal word. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar op die staatsrede by Cirrus ekonoom Robert McGregor gekry, wat baie positief is.
28 Apr 5AM 1 min