
Bloemhofdam: Gemeenskappe moet eerder ontruim
Loading player...
Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, doen 'n beroep op gemeenskappe langs die vloedlyn van die Bloemhofdam om te ontruim aangesien nog water uit die dam vrygelaat gaan word. Dit is om die swaar invloei van die boonste opvanggebiede te beheer. Majodina het bewerings die nek in geslaan van inwoners wat sê die departement moes die radiale sluise vroeër oopgetrek het om verdere oorstromings te verhoed. Sy voer aan die watervrystellings, insluitend die opening van die sluise by die dam is volgens regulatoriese vereistes gedoen: