
Net nog enetjie | Sê politieke partye RNE of RN-nee? | Ep. 38
Loading player...
In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die ANC se “wil jy of wil jy nie”-dans met die RNE-vennote. Tans lyk dit asof die ANC wag vir die DA om te loop, en die DA wag vir die ANC om hulle uit te jaag – almal is ongelukkig, maar niemand is bereid om eerste te beweeg nie.