Net nog enetjie | Ambassa-Dirk, Flip-lomaat en Malema se wêreldtoer | Ep. 36

Loading player...
Terwyl Ebrahim Rasool nog sy vlugvoosheid afskud na sy terugkeer van die VSA, wonder ʼn mens. Moet ons dalk ʼn Superbru begin om te wed op wie die volgende ambassadeur gaan wees? Ambassa-Dirk? Of dalk ʼn Flip-lomaat uit die Solidariteit Beweging se leierskap. Die slim skuif sal natuurlik wees om ʼn Afrikaner- of landbouleier aan te wys om gemoedere in die VSA te help afbestuur. Maar nou ja, van wanneer af doen die ANC die slim ding? Luister na hierdie week se episode van Net nog enetjie om saam te gesels oor hierdie en ander belangrike kwessies.
26 Mar Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Sê politieke partye RNE of RN-nee? | Ep. 38

In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die ANC se “wil jy of wil jy nie”-dans met die RNE-vennote. Tans lyk dit asof die ANC wag vir die DA om te loop, en die DA wag vir die ANC…
10 Apr 34 min

Net nog enetjie | Die begin van die RNE se einde | Ep. 37

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor of die RNE uiteindelik sy (regering van nasionale) einde bereik het? Tans lyk dit asof Ramaphosa sy houtwerkvaardighede gaan moet opskerp, omdat hy binnekort dalk aan ʼn nuwe kabinet gaan moet timmer.
3 Apr 46 min

Net nog enetjie | VSA ruk die diplomatieke mat onder Rasool uit | Ep. 35

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor die sondes van Ebrahim Rasool, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur na die VSA. Na Rasool uit Amerika geskop is, het die ANC verbasend genoeg nie tot sy verdediging gesnel nie. Dit lyk al meer…
18 Mar 36 min